By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Diaz Hotel en Oord

Die Diaz Hotel en Oord is die grootste hotel in Mosselbaai en dis op die strand – 10 meter van die hoogwatermerk af. Dis mos net waar jy wil wees!

Hier kry jy gemaklike, ruim kamers en fasiliteite omring deur die betowering van die historiese Mosselbaai en die see. Alle kamers het die beste uitsig oor die see en die Outeniqua-berge in die verte.  In die aand kan jy slaap met die gedruis van branders in jou ore en soggens kan jy op jou eie balkon sit en  die mooiste sonsopkoms ervaar.

Elke gereg word hier met sorg, aandag en liefde voorberei. Van die oomblik wat jy instap sal jy welkom en tuis voel. Vir die besigheidsbesoeker is daar ook volle konferensiefasiliteite. Die Diaz Hotel en Oord is die personeel se trots.

Breek weg na die Diaz Hotel en Oord in Mosselbaai – waarde vir geld met vriendelike, hulpvaardige diens. ‘n Regte vakansiehotel soos van ouds.
Kontaknommer:044 692 8400
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site