By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Excalibur Boutique Hotel

Die 4-ster Excalibur Boutique Hotel is net buite Rustenburg. Die tema is gebaseer op die kasteel van ‘King Arthur’ en is ontwerp rondom die legendariese ‘Knights of the Round Table’.

Hulle bied 'n keuse van tien pragtig versierde slaapkamers, almal op die eerste verdieping. Hulle kamers is uniek versier met handgemaakte dekoritems, almal met en-suite badkamers geskik vir koninglikes.

Excalibur het 'n buite-restaurant met sitplek vir 120 gaste. Die ‘Excalibur Dome’ en die ‘Terrace’ is ook deel van die restaurant en bied sitplek vir nog 130 gaste. Die kapel word gebruik vir troues en klein konferensies. Die Uther Pendragon saal het plek vir 700 mense en word gebruik vir funksies, troues, danse, groot konferensies en die middeleeuse Sondagbuffet-middagete.

Dan is daar ook ‘n private teater, plek vir privaat etes, kinderpartytjies en tiener-ontspanning en The party shop.

Excalibur Boutique Hotel – Betree 'n mistieke wêreld van legendes, ridders, konings en koninginne - om te ontsnap uit die gejaag van die stad.
Kontaknommer:014 010 0092
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site