By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Exotech

Exotech op Heidelberg, Gauteng, vervaardig aluminium canopies en alle verwante bybehore en laaisisteme vir die buitelewe en die kommersiële bakkiemark. Die bybehore sluit onder meer aluminiumtafels, monteerstelle, kombuiseenhede en sandlere in.

Al Exotech se produkte voldoen aan die hoogste standaarde. Gevorderde tegnologie word aangewend ten einde die klem op gewigsbesparing met uitsonderlike duursaamheid te kombineer. 

Die hele vervaardiging- en afwerkingsproses word in-huis hanteer om die beste kwaliteit te verseker. 

Exotech is trots op sy hoogs opgeleide en ervare werkmag wat moderne CAD ontwerp en CNC vervaardiging gebruik om net die beste produkte van hoogstaande gehalte te verseker. 

Exotech bied ook uitstekende klantediens wat deur die lojaliteit van hulle klante bewys word. Exotech  produkte word alreeds na baie Afrikalande uitgevoer. 
Kontaknommer:016 341 3175
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site