By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

GateOne Business Park

Die GateOne Business Park is ideaal geleë vir besighede wat hul eie geriewe in 'n hoëprofiel-besigheidspark wil vestig in die nabyheid van die Sasol-aanleg.

Die ontwikkeling van GateOne Business Park is 160 000 vierkante meter groot en is strategies geleë by die hoofhek van die Sasol-kompleks en naby die Secunda Mall en die sentrale sakegebied.

GateOne se puik ligging kapitaliseer op die sterk en lewendige ekonomie van Secunda, wat ondersteun word deur die Sasol-bedrywighede. Besighede wat na die besigheidspark gelok word, sal die voordeel hê van buitengewone blootstelling en toeganklikheid.

GateOne Business Park bied aan entrepreneurs die geleentheid om gediensde en gesoneerde erwe te koop en om die eiendom te ontwikkel volgens die estetiese profiel van die besigheidspark. Die sonering van die erwe wissel van ligte industrie tot besigheid.

GateOne Business Park - Die toekoms van besigheid in Secunda.
Kontaknommer:082 450 0000
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site