By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Graceland Hotel Casino and Country Club Resort

Oor die afgelope twee jaar het Graceland 'n opknapping van R60 miljoen ondergaan om sy vermaaklikheids-aanbieding op te kikker en 'n familiebestemming te skep wat anders is as wat jy al voorheen besoek het.

Graceland Hotel Casino and Country Club Resort’ is gerieflik geleë langs die N17-hoofweg in Secunda, 'n uur van die Oos-Rand, en 90 minute vanaf Johannesburg en Pretoria, en is 'n perfekte besigheid-, gholf- of vermaak wegbreekbestemming.

Dit is gebou as huldeblyk aan die groot outydse herehuise in die suide van Amerika en bekoor gaste met ou-wêreldse sjarme en warm gasvryheid. Graceland bied ook 'n 4-ster ‘Peermont Walmont’-hotel, heerlike restaurante, 'n Gary Player-ontwerpte 18 putjie golfbaan en 'n verskeidenheid ontspanningsgeriewe tot by die boetiekspa.

Graceland nooi jou uit om hulle sensasionele oord te besoek, waar jy soveel meer is as net 'n nommer - hier is jy een in 'n miljoen.
Kontaknommer:017 620 1000
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site