By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Harcourts West Coast

Harcourts West Coast met twee takke op Langebaan, asook Yzerfontein en St Helenabaai, is ‘n eiendoms-agentskap wat fokus op alle sfere van die eiendomsbedryf, insluitend residensieel, ontwikkelings, kommersiële eiendomme en plase asook alle verhurings en kontrakteurs-akkommodasie. 

HARCOURTS is verbind tot uitmuntende diens en neem elke kliënt se verwagtinge in ag deur noukeurige analise. Hulle is uiters gesteld op voortdurende terugvoer tydens die koopproses, asook op na-verkoopdiens. Tesame met strategiese rolspelers is hulle goed toegerus om kliënte op alle terreine van eiendomstransaksies van puik diens te voorsien.

HARCOURTS se gevorderde stelsels maak hulle leiers in die bedryf met bekroonde sagteware en toepassings vir slimfone en tablette wat agente in staat stel om in die veld maklik toegang te hê tot databasisse en voorraad. 

HARCOURTS SUID AFRIKA streef  om aan die voorkant van tegnologiese ontwikkeling te bly ten einde ‘n beter diens  te lewer aan kliënte.

Dis nie net ‘n gewilde vakansie-bestemming nie, maar die Weskus bied ook uitstekende geleenthede aan ontwikkelaars en besighede wat vroegtydig wil voordeel trek uit die groei wat die streek tans geniet.

HARCOURTS WEST COAST is die ideale en mees ingeligte eiendomsagentskap om te nader oor die opbloei van ontwikkelling aan die Weskus, asook die beleggings-geleenthede en die belowende vooruitsigte wat dié streek bied. Die Weskus is ge-oormerk as een van die groeipunte in die land, en is ideaal geleë binne reikafstand vanaf Kaapstad en sy voorstede.
Kontaknommer:022 707 9100
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site