By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Hayward’s Game Lodge

Hayward’s Game Lodge is in die Dinokeng Natuurreservaat geleë, sowat 45 kilo’s noord van Pretoria op die Polokwane N1-snelweg.

Hayward’s Game Lodge bied die ideale bosveld-atmosfeer vir ‘n heerlike week- of naweek-wegbreek.

Gevorderde konferensiefasiliteite met Wi-Fi en projektors maak Hayward’s ideaal vir korporatiewe spanbou-, jaareindfunksies en bestuursbeplanningsessies.

Daar is gerieflike selfsorg-eenhede sowel as omvattende pakkette met 3 etes ingesluit, plus die volledige spektrum van funksiegeriewe vir partytjies en selfsorg- of volpakket-bruilofte vir ‘n bosveldtroue in die buitelug.

Wildritte bedags op ‘n oop voertuig bied aan gaste die kans om die  Groot 5 en ‘n kleurvolle verskeidenheid ander wild te besigtig. 

Gaste geniet gehaltediens en persoonlike aandag by Hayward’s Game Lodge met sy uitstekende geriewe en puik fasiliteite wat onder die beste in Suid-Afrika gereken word. 
Kontaknommer:081 780 1833
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site