By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Helderberg Village

Helderberg Village is in Somerset Wes - 40 minute van Kaapstad; 20 minute vanaf die lughawe met maklike toegang tot beide N1 en N2 snelweë, omring deur die Hottentots Holland bergreekse, met uitsigte op beide Helderberg en Tafelberg, en boonop naby die Strand en Gordonsbaai, Somerset Mall en ander inkopiesentrums.

Dis ‘n Aftreeoord met alle fasiliteite wat moontlik in aanvraag mag wees, onder andere ‘n volledige biblioteek, Wandellane, Tennisbane, Rolbalbane, Pottebakkery, Gholf en ‘n gimnasium.

Dit alles in ‘n veilige omgewing met die beste sekuriteit. Helderberg Village is ‘n ten volle ontwikkelde deeltitelskema met 1-, 2- en 3 slaapkamerwonings te koop of te huur.

Helderberg Aftree-oord is meer as 30 jaar gelede al gestig. Mettertyd het hulle die kans gehad om alles te vestig, van die pragtige inheemse tuine tot professionele, vriendelike personeel en prosesse wat moeiteloos werk. Jou aftreeplan sal volledig wees, onderhewig aan die hoogste standaarde, volledig met alle geriewe wat jy ooit kan benodig en ondersteun deur die mees stabiele finansies in die land. Kom ontdek die lewe waarop jy gewag het.

Doen waarvoor jy lief is. Wat jy ook al geniet -  Helderberg het alles wat jy nodig het om jou passie te volg. Of jy die natuur wil verken, 'n nuwe vaardigheid wil aanleer, kulturele aktiwiteite wil beoefen, in die gimnasium wil oefen, in 'n sprankelende swembad wil duik of om net 'n heerlike glasie wyn te kan geniet, jy sal gou agterkom dat jou aftrede alles behalwe vervelig is.

Helderberg Village – dis hoe aftrede moet wees. 
Kontaknommer:021 855 8300
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site