By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Jeffreysbaai Toerismekantoor

Die Jeffreysbaai Toerismekantoor is daar om jou te help met informasie oor die dorp, akkommodasie, besigheid, gebeurlikhede en soveel meer.

Jeffreysbaai is die tuiste van die beste regsbreekgolwe in die wêreld! Internasionale branderplankryers drom hier saam om die legendariese golwe te ry. Dis 'n paradys van sonskyn, aalwyne, dolfyne, skulpe, perfekte kape en klassieke riwwe. Branderplankryers en ander wat dit moeilik gevind het om so 'n idilliese plek te verlaat, het Jeffreysbaai in 'n prettige plek omskep en 'n florerende plaaslike kunsvlytbedryf begin, met winkels op omtrent elke hoek.

Jeffreysbaai bied soveel meer as net branderplankry - ook windplankry, perdry, sandplankry, kanovaart en die plaaslike ‘craft’ bierkultuur kan ook ondersoek word. Jeffreysbaai se strande het 'n oorvloed skulpe en is bekend as goeie hengelgebied.

Die bedrywige dorp word aan beide kante begrens deur natuurreservate en riviere - die Kabeljou- en Seekoei-riviermondings en binne Jeffreysbaai self - die Noorsekloof natuurreservaat. Hulle nooi jou uit om die son, die ontspanne atmosfeer en 'n wonderlike verblyf in Jeffreys te kom geniet.

Jeffreysbaai Toerisme is verbind tot uitmuntende diens en is trots om die toerisme-aantreklikhede in hierdie gebied te verteenwoordig. Voel vry om hulle omvattende webwerf te besoek waar jy selfs besprekings kan doen.
Kontaknommer:042 293 2923
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site