By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kasteelkop Gasteplaas

36 kilometer buite Frankfort op die Tweelingpad lê die pragtige Kasteelkop Gasteplaas – vernoem na dié koppie op die plaas. In 2012 is besluit om die twee ou opstalle te omskep in gastehuise, om so ook meer werk vir die plaaswerkers se vrouens te skep.

Kasteelkop is romanties en idillies. Die Victoriaanse styl dekor en uitsig uit die kamers is perfek vir iemand wat net wil kom rus. Maar dan is daar net soveel vir die energiekes om aan te pak…

By Kasteelkop kan stadsmense die plaaslewe eerstehands kom ervaar. 
Buiten die pragtig gerestoureerde plaashuise is daar ook Konferensie-fasiliteite vir klein groepe, kampeerplek, ‘n rivier, verskeie spruite en ‘n waterval. 

Daar is ook heerlike stap- en bergfietsroetes. Kom kry die gevoel van jou eie plaas – Kasteelkop Gasteplaas – stilte, natuurskoon en gasvryheid.
Adres:Frankfort
Kontaknommer:082 8500 170
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site