By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kinderstrand

Kinderstrand is by Glenmore Beach, sowat 25 kilometer van Margate, aan die laer suidkus geleë. Kinderstrand bied vakansies by die see aan minderbevoorregte kinders, asook kampe vir kerk- en skoolgroepe aan.

Kinderstrand voorsien nie net avontuur nie, maar bied ook leergeleenthede waarby kinders oor die omgewing, natuurbewaring en die seelewe kan leer.

Kinderstrand akkommodeer  skoolgroepe vir weeklikse en naweektoere, waartydens hulle aan pret-aktiwiteite deelneem en terselfdertyd leer oor spanwerk, probleem-oplossing en leiers-eienskappe. 

Aktiwiteite sluit in strandpret, speletjies en staptoere in die natuur. Drie gesonde maaltye per dag word voorsien, en die verblyf is in die vorm van veilige, ruim, netjiese skoon slaapsale. 

Kinderstrand akkommodeer ook  groepe vir korporatiewe spanbou. Konferensies vind in die skoolsaal plaas. Kinderstrand beskik oor ‘n volledige toegeruste kombuis met ‘n professionele span. 
Adres:Glenmore
Kontaknommer:039 311 2303
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site