By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kosmos Aftree-oord

Kosmos Aftree-oord in Standerton, is in 1956 gestig, en ná 'n aantal bouprojekte en opknappings wat deur die jare gedoen is, spog hulle nou met altesaam 59 meenthuise, ses enkelwoonstelle en 20 kamers vir selfsorg inwoners in die aftreeoord. 

Gedurende 2009 is 'n saal met 8 beddens aangebring. Hulle is ook in staat om 80 verswakte inwoners in ‘n moderne versorgingseenheid vir verswaktes te akkommodeer.

Kosmos is trots op hul gehalte versorging en gaan uit hulle pad uit om bejaardes tuis te laat voel. 

Kosmos Aftree-oord ondersteun ook 40 bejaardes in die Standerton-omgewing. Hulle help ouer persone om so lank as moontlik in die gemeenskap onafhanklik te bly.
Kontaknommer:017 712 2278
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site