By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kraalbaai Luxury Houseboats

Weggesteek in die Weskus Nasionale Park lê daar ‘n wonderlike geheim. Die Kraalbaai Luxury Houseboats. Hier kan jy werklik wegbreek en boonop sommer op die see. Huisbote soos dié, in so unieke plek soos die Langebaanmeer binne die Weskus Nasionale Park, bied ’n ervaring wat jy nêrens anders in Suid-Afrika gaan kry nie.

Die ontwikkelaars het ‘n alleenmandaat om hier, op die ou end, altesaam sewe huisbote op die meer te plaas. Dit is natuurlik dan ook ’n goue geleentheid vir belangstellende belleggers. 

Twee luukse huisbote is tans al te huur. Daarmee saam kan jy ook enige watersport-toerusting wat jy wil hê, huur. Die een boot huisves 6 mense en die ander een tot 20. 

Die groot boot het twee verdiepings. Die laer dek is luuks toegerus met 'n ruim sitkamer en kaggel, 'n ten volle toegeruste kombuis, vyf ruim slaapkamers en 'n sesde kamer met twee stapelbeddens. Daar is drie badkamers en 'n groot dek buite die sitkamer met buite-sitplekke. 

Die bo-dek het 'n ruim sitkamer, drie slaapkamers...  twee gemaklike slaapbanke in die sitkamer en 'n volledige badkamer. Daar is ook ’n bo-dek buite-area vir lig en son. 

Kom kuier gerus hier op die Weskus – die drumpel na Kaapstad. Kraalbaai Luxury Houseboats wag gretig op jou besoek. 
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site