By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Kupferquelle

Kupferquelle beteken koperfontein en is vernoem na die ryk koper-neerslae van Tsumeb. Die Oord bied puik behuising – maak nie saak hoe jy toer nie. Hier is ‘n hotel, selfsorg-eenhede en kampeerplek. 

In 2016 is Kupferquelle uitgebrei na ’n totaal van 60 eenhede, ’n nuwe ablusieblok vir die kampterrein en ’n nuwe droogskoonmakery.

Die hotel bied alles wat jy nodig het met heerlike verblyf en ’n a-la-carte restaurant. Kupferquelle se winkel voorsien alles vir die selfsorg-eenhede en kampeerders.

Die moderne aanslag van die verblyf, die rustigheid van die omgewing en die vriendelike diens maak Kupferquelle ’n ware oase wat waarde vir jou geld bied.

Kupferquelle – daar is boonop spesiale aanbiedings vir Desember tot einde Januarie 2019 teen 50% afslag.
Kontaknommer:+264 67 220 139
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site