By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Lowveld Living Gastehuis

Lowveld Living Gastehuis is sentraal geleë in Hunterstraat, Nelspruit. Dis ‘n gastehuis wat mense tuis en gemaklik laat voel.

Die Kamers is ruim en volledig toegerus met kwaliteit meubels, lugversorgers vir die Laeveld hitte en al die nodige geriewe. 

Die hulpvaardige  personeel gaan uit hulle pad uit om gaste welkom te laat voel. Hulle wil graag hê dat gaste weer en weer moet terug kom, omdat hulle hier so tuis voel. 

Gaste moet die vrymoedigheid hê om in die sitkamer te ontspan, met heerlike varsgemaalde koffie. Of op die stoep te sit en die mooi uitsig oor Nelspruit te geniet.

Lowveld Living spog ook met ’n heerlike swembad en hier is oorgenoeg veilige parkering. 

Lowveld Living Gastehuis – jou eie Laeveld huis tydens jou besoek aan dié wonderlike omgewing.
Kontaknommer:074 637 0067
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site