By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Luiperdskloof Game Lodge

25 kilometer buite Bronkhorstspruit lê die pragtige Luiperdskloof Game Lodge – so genoem omdat daar nog dikwels luiperds in die klowe bespeur word. 

Luiperdskloof bied alles – 3 konferensielokale en nog 5 lokale waar spanne kan opdeel in groepe. 
Hulle glo om eksklusiewiteit te bied en daarom het hulle twee Afrika Lapa’s waar gaste om ‘n vuur kan kuier.

Chalets is self-sorg of op aandete/bed en ontbyt basis. Hulle doen troues met ‘n pragtige rivier-front uitsig vir seremonies asook spanbou aktiwiteite. Verder is daar ook fraksie eienaarskap lodges, kampe met eksklusiewe lapas en ‘n 4x4 hindernisbaan.

Kom ervaar – Wildritte op oop besigtigingsvoertuie, die swembad met putt-putt, pooltafel, tafeltennis, groot skaakstel, Kano’s op die rivier, staproetes, Aromaterapie, die gholf dryfbaan, volleyball, abseiling en visvang op die Rivier.

Luiperdskloof Game Lodge – ‘n paradys digby die stad.
Adres:Bronkhorstspruit
Kontaknommer:013 680 1019
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site