By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mo and Rose Gastehuis

Mo and Rose Gastehuis is so 10 kilometer buite Robertson op die R60. Hier kan jy kom onstpan, met die naaste wynplaas minder as 3 kilometer weg, winkels minder as 10 minute en Kaapstad slegs 1 en ‘n half uur vêr.

Mo and Rose gastehuis bied 8 ruim gaste-kamers wat ontbyt insluit, elkeen met sy eie stoep en uitsig op die Langeberge. 

Hier is ‘n heerlike swembad en die tuin is ’n vetplantparadys met honderde verskillende soort vetplante, insluitende kaktusse van meer as 100 jaar oud.

Die ou skuur is ‘n restaurant waar gaste na ‘n lang dag se rondrits, aandete kan geniet. 

Mo and Rose – ‘n toevlugsoord met asemrowende natuurskoon.
Kontaknommer:023 626 4134
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site