By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mount Noah Lodge

In Oudtshoorn is ‘n unieke blyplek. Bote in die Klein Karoo op ‘n koppie in Oudtshoorn! Dis Mount Noah Lodge met die beste uitsig oor die dorp en omliggende berge. 

Mount Noah is die eerste en enigste van sy soort in die wêreld. Gaste slaap op ‘n seiljag op droë grond in ‘n prentjiemooi omgewing. Mount Noah Lodge bied tans vyf bote en twee gerieflike kamers met lugversorging.

Daar is ‘n lekker kuierkroeg met binnebraai en ‘n eetkamer met ‘n uitsig oor die Swartberge. 

Mount Noah Lodge bied ook spesiale pakette vir spanbou wat ontbyt, aandete, skattejag, ‘n bustoer en vele meer insluit. 

Mount Noah beskik oor ‘n strektent en amfiteater wat tot 120 mense kan akkommodeer vir troues en ander spesiale funksies.

Verryk jou Roete 62 Klein Karoo avontuur en besoek  die unieke Mount Noah Lodge in Oudtshoorn. 
Adres:Oudtshoorn
Kontaknommer:044 272 5670
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site