By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Mount Richmore Lifestyle Village Estate

Die Mount Richmore Lifestyle Village Estate is ‘n landgoed wat alles in een aanbied.  Dit sluit in behuising in ‘n veilige sekuriteitsomheinde landgoed, met skole, ‘n hospitaal, mediese sentrum, winkelkompleks en restaurante – Alles-in-een leefstyl met veiligheid.

Dis ‘n moderne landgoed wat passievol is oor sy ontwerpe en styl, om aan elke behoefte te voorsien.  Moderne Argitektuur word ingespan om aan elke individu se styl te voldoen. 

Mount Richmore is nie net ‘n sekuriteitslandgoed nie, maar bied letterlik alles in een.  Hier kan jy bly, werk, jou inkopies doen, ontspan en die kinders kan skoolgaan - alles in een leefstylkompleks. Vandaar die Leuse : “Waar jy kan Leef in Styl.”

Die ligging is ook perfek. Slegs 3 kilometer van Ballito af in die Salt Rock omgewing. Dit was ’n 188 hektaar suikerplaas wat van die Huletts famile  gekoop is en in 2006 het hulle begin bou aan wat vandag een van die gesogste leefstylareas aan die Noordkus is. 

Mount Richmore Lifestyle Village Estate is slegs 25 minute se ry van Durban af en 15 minute weg van die nuwe King Shaka Lughawe. Buiten dat die see net ’n klipgooi weg is, is die St Lucia vleiland park en die Hluhluwe-Umfolozi Wildreservaat ook naby.

Die argitektuur van Mount Richmore word as Organies Kontemporêr beskryf. Organies omdat dit elemente bevat wat natuurlik pas en bymekaar vloei en Kontemporêr omdat dit aansluit by die leefstyl van die 21ste eeu. Die binne en buiteruimtes vloei saam asof een.

Wanneer alles voltooi is, sal Mount Richmore spog met nie net residensiële geboue nie, maar ook kantore, ’n volle winkelsentrum, ’n lodge en ’n trêmdiens. Die Curro Privaat skool is reeds in volle swang.

Die Mount Richmore Lifestyle Village Estate -Besoek gerus hulle webwerf vir verdere inligting.
Kontaknommer:071 879 6030
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site