By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Multi Spectrum Properties (MSP)

MSP, die multi bekroonde eiendoms-maatskappy in die Wes-Kaap asook Gauteng, is betrokke by die verkoop, verhuring en ontwikkeling van eiendom sowel as ‘n hele reeks verwante dienste.
Hulle omvattende produkaanbieding bevat ook nou aftreehuise en wooneenhede in die eksklusiewe Zevenwacht Leefstyl Landgoed wat grens aan die gesogte Zevenwacht Wynlandgoed op die bekende Stellenbosch wynroete.

Hierdie 200-jaar-oue wynlandgoed in sy prentjiemooi omgewing het ‘n ryk geskiedenis van wynbou. Die topgehalte restaurant, hotel, konferensie-en-troufasiliteite, spa en kaasmakery is alles tot die beskikking van inwoners van Zevenwacht Leefstyl Landgoed teen spesiale aanbiedinge.

Die Zevenwacht Leefstyl Landgoed bied skilderagtige uitsigte oor die natuurlike omgewing, Tafelberg, Strand en die noordelike voorstede. Die kontemporêre Kaapse styl van die aftreehuise gee daardie klassieke estetiese voorkoms. Volop oop ruimtes waarborg ‘n ware landelike leefstyl vir elkeen wat graag hul goue jare hier wil kom geniet.

‘n Verskeidenheid onafhanklike aftree-eenhede is te koop by die Zevenwacht Leefstyl Wooneenhede, geposisioneer rondom die moderne sorgsentrum met sy hulpsorg-eenhede vir diegene wat addisionele aandag en sorg verlang. Gemoedsrus word gewaarborg deur noue samewerking met bedryfs-leiers in tuisversorging, sekuriteit en spyseniering. 

Sosiale interaksie word deur middel van ‘n ruim eetsaal, weelderige sitkamer, kliniek, braai-area en biblioteek bevorder. Alles ontwerp om die verblyf van die seniors so gerieflik moontlik te maak. 

Zevenwacht Leefstyl Landgoed stel vryheid, onafhanklikheid en veiligheid voorop.
Kontaknommer:021 914 6703
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site