By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Negester

DJ Opperman se gedig, Negester en stedelig, het gedien as inspirasie agter die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk. Die Negester-visie het ook hierop voortgebou, naamlik die ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde en gewaardeerde leefstyl-landgoedere waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep gekoester kan word.

Negester Klein-Kariba, lê in die Waterberg-bioom - ʼn UNESCO-erfenisgebied. Dié ontwikkeling bied jou die Bosveld op sy beste en beslaan 83 hektaar, met volop groen areas en wild soos sebras en rooibokke. 

Hier is die ontwerpstyl van die voltitel-eiendomme ’n interpretasie van die kontemporêr-historiese Laeveldse plaasargitektuur. Dan is hier ook aanloklike deeltitel-duette. Dié eenslaapkamer-eenhede is gerieflik geleë naby die mediese sorgsentrum, hoofingang en beoogde gemeenskapsentrum met sy biblioteek, dameskroeg en sportfasiliteite. 

Onrusrivier is ʼn Overbergse kusdorpie, net om die draai van Hermanus, met topklas wynlandgoedere, gholfbane, winkelsentrums, restaurante en ʼn Mediclinic-hospitaal. Dis híér waar Negester Onrusrivier geleë is en waar jy tussen die berg en see kan kom nesskop.

Negester Onrusrivier se argitektuur bevat aanloklike Kaapse elemente soos outydse stoepe, lae mure en landskapstuine. Die eietitelhuise met ruim leefareas, hoë plafonne en groot vensters word toegerus met kwaliteit materiaal en afwerkings – sentrale stofsuig, ondervloerse verhitting en ‘n braaikamer is addisionele opsies. 

Die ontwikkeling beskik ook oor  ʼn moderne en goed toegeruste sorgsentrum met 50 wooneenhede. Die sorgsentrum het ʼn gesellige eetvertrek, ʼn sitkamer met ʼn kaggel, dameskroeg, klein biblioteek, haarsalon en kliniek. 

Negester met sy vennootskap en verbintenis met ATKV, bied volhoubaarheid, goeie ligging, produk- en dienskwaliteit, raakvat sagtesorgfasiliteite en bekwame en visionêre leierskap. Kontak hulle gerus.
Kontaknommer:0861 44 44 95
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site