By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ocean Breeze Hotel

Die Ocean Breeze Hotel in Die Strand is ‘n voldiens hotel en konferensiesentrum met ‘n panoramiese uitsig oor Valsbaai en die Helderberge, al die pad tot by Tafelberg. 

Die Ocean Breeze hotel is slegs twintig minute van die Kaapstadse internasionale lughawe teenaan die strand geleë. 

Die Ocean Breeze Hotel  is onlangs opgeknap en bied luukse akkommodasie, gevorderde konferensiegeriewe, ‘n swembad, strandkroeg en restaurante.  
Sy sentrale ligging, tien minute vanaf die Kaapse Wynlande en dertig minute van die V & A Waterfront af, maak die Ocean Breeze Hotel die ideale blyplek vir besoekers aan die natuurskone Helderberg-area. 

Die Ocean Breeze Hotel bied mededingende tariewe en die hotel se vriendelike personeel gaan uit hulle pad uit om gaste tuis te laat voel. 
Kontaknommer:021 841 4300
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site