By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ocean Memories

Ocean Memories bied gerieflike Bed en Ontbyt verblyf in ‘n Toskaanse Villa, in Parklands digby Bloubergstrand - net ‘n klipgooi van die see af. Hartlike gasvryheid en ‘n ontspanne atmosfeer wag hier vir sakereisigers en vakansie-gangers.

Die afwerking dwarsdeur die Villa is van hoë gehalte. Die slaapkamers  is pragtig  met ekstra lengte koningingroote beddens. Die en-suite badkamers het ruim storte, van vloer tot plafon geteel en het Italiaanse wasbakke en afwerkings. Die kamers het koffie- en teemaakgeriewe, ‘n yskas met koeldranke en komplimentêre mineraal-water. Daar’s ‘n TV met 18 DStv–kanale in elke kamer.

Die mooi sitkamer spog met ‘n grootskerm TV met die volle DStv–pakket. Ontbyt is ingesluit in die bekostigbare tariewe en word in die eetkamer bedien. ‘n Pendeldiens na en van die lughawe, wasgoeddiens en toere is ook beskikbaar op navraag.

Ocean Memories – huislik, gemaklik en heerlik – jou plek in die Kaap. 
Adres:Bloubergstrand
Kontaknommer:082 555 2265
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site