By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Omeya Golf and Residential Oasis

"Omeya" beteken water in die plaaslike dialek van die Oshiwambo. Een van die grootste water-are wat ooit in Namibië gevind is, verskaf die eiendom net suid van Windhoek, met oorvloedige en volop water.

Omeya is in Desember 2011 geproklameer en maak voorsiening vir 'n verskeidenheid mense - van jong gesinne tot besige professionele persone, paartjies wat begin dink aan aftree, asook diegene wat swaksorg of assistering nodig het. Aftrede is een van die sleutelelemente hier. Omeya se 5-ster residensiële aftree-area, bied inwoners luukshede soos 'n spa en 'n elegante restaurant op die terrein.

Omeya is 'n veilige hawe vir jonk en oud om 'n volle en sorgvrye lewe, in 'n rustige landelike omgewing naby die natuur, te kan uitleef. Rustige grasvelde met pragtige Kameeldoringbome, omring deur statige ou berge, is die kenmerke van hierdie familie landgoed.

Omeya – Na voltooiing sal dit bestaan uit 384 residensiële persele, 14 meenthuisontwikkelings, 'n aftree-oord met 'n versorgingsentrum en kliniek, 'n privaatskool, 'n sakesentrum en 'n 18-putjie Peter Matkovich-ontwerpte gholfbaan.
Kontaknommer:+264 (81) 141 5881/3
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site