By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Oryx Hill Safari Lodge

Min of meer 2 km buite Ottosdal op die R505 na Sannieshof, lê die Oryx Hill Safari Lodge - ’n familie-onderneming in die hartjie van NoordWes.

Hulle bied wêreldklas jag-ekskursies aan en huisves tans 12 spesies van vlakte- tot boswild. Onnodig om te sê, is die akkomodasie wat aangebied word, van hoogstaande gehalte.

Oryx Hill spog verder met 2 funksielokale – een vir daai kleiner intieme verjaarsdag- en kuiergeleenthede, en ‘n groot lokaal vir troues en konferensies. Trou-seremonies kan ook in die bos gedoen word. Verder bied hulle ook jeug- en leierskampe aan.

Oryx Hill Safari Lodge – net 3 ure se ry uit Gauteng. ‘n Heerlike wegbreek naweek vir die hele gesin met jag, bergfietsry, ‘n swembad vir die somer, kampvure en wildbesigtiging.
Kontaknommer:083 381 6166
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site