By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Picasso’s Gastehuis

Picasso’s Gastehuis op Ellisras se naam is gekies vanweë Dewald en Erica van Zyl se liefde vir skilderkuns. Dit dien ook dan sommer as gallery en kunsjuweel – elke kamer is omskep ter ere van ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar. 

So is die Portchie kamer kleurvol en vrolik. Die Glendine kamer pas weer by haar styl van sinkdakhuisies en landskappe.

Erika van Zyl is self ‘n impressionis en hulle gebruik die huislike eetkamer om haar werke uit te stal. Haar kuns kan tans ook gesien word by die Crause kunsgallerye in Johannesburg en George. Vir die afgelope 12 jaar bied sy ook klasse aan en jaarlike werkswinkels in Prins Albert in die klein karoo.

Wi-Fi is gratis en hier is altesaam 15 lieflike, kunssinnige kamers en 11 luukse, ten volle toegeruste, selfsorgeenhede. Al die kamers het lugreëling, DSTV, private ingange en veilige parkering.

By Picassos gastehuis kry jy Bosveld gasvryheid en die a la cart restaurant, wat ook oop is vir die publiek, se twee top sjefs sal sorg dat jy weer en weer terugkom. 

Picasso’s gastehuis en Erika van Zyl Art 'n luukse tuiste met 'n warm hart.
Adres:Lephalale
Kontaknommer:082 415 6867
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site