By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Protea Hotel Witbank

Die Protea Hotel Witbank is sentraal geleë in Emalahleni / Witbank en is ideaal in soveel opsigte.

Hulle bied 101 kamers wat elegant en gemaklik is vir akkommodasie. Die kliënte kan verwag om net die beste gasvryheid en diens te kry met byvoordele soos  uitstekende kos en 'n fantastiese atmosfeer.

Die hotel spog ook met ses ruim konferensie-fasiliteite wat ook as troulokale gebruik kan word. 

Die Protea Hotel-groep is nou ingelyf by “Marriott International”, wat hulle deel van die voorste hotelgroep in die wêreld maak. Wat die Protea Hotel onderskei van sy mededingers, is dat hulle persoonlike gastediens bied met passie en vriendelikheid, deur deeglik opgeleide personeel. Die pragtige tuin met die heerlike swembad is daar vir gaste en besoekers om te geniet. 

Kom ontspan by die Protea Hotel Witbank.
Adres:Witbank
Kontaknommer:013 656 6424

Protea Hotel

Op die hoek van Barend en Margaretha Prinsloo Straat staan die Protea Hotel deur Marriot, Klerksdorp wat reeds vir die afgelope 21 jaar ʼn familiebesigheid is en word tans deur drie generasies bestuur. Dit beteken een ding – uitmuntende diens.

Hulle is basies langs die N12, lekker sentraal geleë tussen die besigheidsgebied en woonbuurte.

Die Protea Hotel deur Marriot, Klerksdorp is groot en beskik oor 91 luukse, gemaklike kamers wat in enige reisiger se smaak sal val. Hulle spog met verskeie konferensie- en funksielokale wat tot 500 persone kan akkommodeer.  

Die restaurant bedien heerlike buffet en A-la carte etes.  Nawee pakkette is beskikbaar en sluit ‘n besoek aan ‘n wildsplaas, waterpark en gesondheidspa in. 

Die Protea Hotel deur Marriot is die grootste hotel met die grootste konferensiefasiliteit in Klerksdorp.  Hulle is deel van die Internasionale Marriott Hotelgroep en voldoen aan hulle standaarde.

Protea Hotel deur Marriot, Klerksdorp – hulle sakpas naweekpakette, bied ‘n ideale wegbreek uit die stad.
Kontaknommer:018 464 2180
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site