By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Protea Marriot Hotel Klerksdorp

Op die hoek van Barend en Margaretha Prinsloo Straat staan die Protea Hotel. Dis die grootste hotel met die grootste konferensiefasiliteit in Klerksdorp.  Hulle is deel van die Internasionale Marriott Hotelgroep en voldoen aan hulle standaarde. Dit beteken een ding – uitmuntende diens.

Hulle is basies langs die N12, lekker sentraal geleë tussen die besigheidsgebied en woonbuurte.

Die Protea Hotel deur Marriot, Klerksdorp is groot en beskik oor 91 luukse, gemaklike kamers wat in enige reisiger se smaak sal val. Hulle spog met 7 konferensie- en funksie  lokale wat tot en met 600 persone kan akkommodeer.  Mense van regoor die land gebruik hierdie uitstekende fasiliteite. 

Die Pinotage restaurant bedien heerlike buffet en a-la carte etes en is oop vir die publiek. Die Protea Hotel bied onbeperkte WiFi teen vesel internetspoed en al die moderne fasiliteite wat ‘n progressiewe sakeman mag nodig kry.

Protea Marriot Hotel, Klerksdorp – uitstekende diens van internasionale gehalte.
Kontaknommer:018 464 2180
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site