By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Quick Pitch SA

Quick Pitch SA in Kilner Park, Pretoria, is vervaardigers en verspreiders van bybehore vir die oorland voertuigtransformasiemark. Hulle reeks hoëgehalte nisprodukte maak uitkamp en oorland-avonture maklik en gerieflik.

Die Quick-en-Suite kan reg langs die voertuig as stort, aantrekruimte of toilet gebruik word en word binne agt sekondes opgeslaan.

Die Boks-eenheid het drie aankliek skarniere wat 12 kilogram kan weerstaan. Twee vlekvryestaal klampe hou die boks in posisie wanneer dit toe is.

Die Trax-Tab is ontwikkel om aan die behoefte te voorsien vir ‘n maklike en veilige manier om jou traksiehulp  te stoor sonder die gebruik van boute, moere of ratgespes. Dié stelsel maak dit moontlik om jou traksiehulp in 3 sekondes uit te haal of te stoor sonder om boute of gespes los te maak.

Quick Barbe is ‘n vlekvryestaal-braai wat in  ‘n japtrap opgeslaan word, vir ‘n veilige, skoon kampvuur. Dit kom in twee groottes en is ‘n kompakte eenheid met ‘n rooster, drasak en windskerm wat moeiteloos skoongemaak word.

Quick Hot is ʼn kompakte warmwaterstelsel met temperatuurbeheer wat vloeibare petroleumgas gebruik, Dit kan binne ʼn canopy of kampeerwa monteer word en is maklik om te installeer.
Kontaknommer:072 125 9343
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site