By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ramsgate Lifestyle Village

Ramsgate Lifestyle Village op Ramsgate aan die KwaZulu-Natal Suidkus is ‘n sentrum met ‘n verskeidenheid eetplekke, winkels en vakansie-verblyf waar ‘n mens ‘n hele dag kan deurbring.

In 2015 is die Ramsgate Lifestyle Village deur André en Cornelia Steenkamp gekoop.
Ankerhuurders sluit in Ramsgate Holiday Cottages – vakansieverblyf met al die geriewe wat die vakansie van ‘n leeftyd waarborg, teen bekostigbare tariewe – en die wêreldbekende Flavours Restaurant. Flavours bied moderne kontinentale cuisine in ‘n rustige atmosfeer met ‘n pragtige tuin. 

Ander huurders is Calzone’s Pizzeria, Natural Interiors, wat spesialiseer in décor, en Two Crabby Ladies, wat hul eie lyn swemklere en stranddrag vervaardig. 

Einde 2015 voeg Cornelia die Blockhouse en Ľèpis Doré franchises by. 

Ľèpis Doré is ‘n Franse Bistro en bakkery.  Alle disse word vars op die perseel voorberei deur Franse Chef Michele.  In ‘n kort tydjie het Ľèpis Doré bekend geword vir Croissants wat uit Frankryk ingevoer word. Brioche en Baguettes word elke dag vars gemaak en op die perseel gebak. 

Hulle heeldag-ontbyt behels ‘n reeks gestroopte eier-disse, omelette, bedien op varsgebak met salm, ham en spek.

Heeldag middagetes behels Farmers borde, spesialiteits-burgers en soetgoed.  Dan’s daar ook van die beste koffie en tee ter wêreld beskikbaar. 

Cornelia se passie is décor en die Franchise Blockhouse het sy intrek geneem en word tans uitgebrei.  Eet- en sitkamerstelle, met lewenlange waarborge, word in hulle Pretoria fabrieke vervaardig.  Meubels vir u sitkamer, patio, slaapkamers, eetkamer en kantoor, is om van te kies en te keur. 

Kombuiskaste en ingevoerde Italiaanse Bertazzoni gasstowe, met ‘n 3 jaar waarborg, word aangebied.
Braaiers, en kleiner Décor items voltooi die reeks.  Blockhouse vervaardig namens u behoeftes.  

Besoek gerus die webblad Ramsgate Lifestyle Village vir meer info, of kom geniet ‘n dag vol genot by Ramsgate Lifestyle Village op die KwaZulu-Natal Suidkus. 
Adres:Ramsgate
Kontaknommer:039 314 4154
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site