By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Riviera Hotel

Die Riviera Hotel in Hartenbos is ‘n bekende landmerk met ‘n pragtige ligging langs die rivier. Dis dié plek om by te kuier langs die tuinroete. Die atmosfeer is rustig en ‘n professionele span staan reg om jou op hulle hande te dra.

Daar is Hotel-akkomodasie en boonop 1, 2, en 3 slaapkamer selfsorgeenhede ook. 

Die pragtige “Cocktail Bar” voorsien ook kroeg-etes en die heerlike swembad het ‘n uitsig oor die Hartenbos-rivier en die see.

Die restourant voorsien heerlike ontbyt, middag- en aand-etes ‘a la Carte’ vir jou ekstra gerief.

Die Riviera spesialiseer ook in funksies – of dit nou verjaarsdae, ooievaar- of kombuistees, of troues is – hulle het die plek vir jou. Konferensiefasiliteite is ook topklas vir klein of groot groepe. 

Die Riviera Hotel – ‘n familiebesigheid met direkte aandag en goeie diens aan kliënte.
Adres:Hartenbos
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site