By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Royal St Andrews Hotel

Die Royal St Andrews Hotel, Konferensie- en gasvryheidsentrum in Port Alfred, het ‘n trotse reputasie van uitnemende diens sedert 1924.

Buiten lieflike, gemaklike kamers is die pragtig gerestoureerde gebou die tuiste van die ikoniese ‘Highlander Pub’, die ‘Thistle Restaurant’ en hulle eksklusiewe ‘Heritage’ vleuel. 

Die ou-wêreldse sjarme is slim aangevul deur die moderne ‘Paper Nautilus’ Restaurant  en die Edinburgh konferensie- en gasvryheidsentrum.

Om die eklektiese verskeidenheid fasiliteite wat die hotel bied aan te vul, het hulle die avantgarde luukse vleuel geskep, met 50 hedendaagse luukse kamers, ’n kinder-speelsentrum, ‘n sentrale swembad en die Camelot Spa.

Hier sal jy vriendelik en professioneel ontvang word en die personeel doen moeite om jou elke wens te vervul.  

Die Royal St Andrews Hotel staan vir gasvryheid, passie, vriendelikheid, integriteit en konstante uitnemendheid.
Kontaknommer:046 604 5400
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site