By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Safarituine Diensstasie

Die hoof aantrekkingskrag van Safarituine Diensstasie in Rustenburg, is die verkoop van die gewaarbogde Ultimate BP brandstof asook ’n PicknPay Express winkel wat ‘n wye verskeidenheid produkte aanbied. 

In die winkel is die gewilde Wild Bean Café waar daar onder andere wegneemetes, Wild Bean koffie, pasteie en vars gebakte broodrolletjies beskikbaar is. Ook ‘n fasiliteit om houers met gesuiwerde water te hervul en ‘n Aramex koerierdiens.

Die Safarituine Diensstasie het verder ook ‘n Kitsbank en gassilinder omruilings is beskikbaar. ‘n Vloot sleepwaens van verskillende groottes, word verhuur. Op die perseel is ‘n baie effektiewe en gewilde outomatiese karwasmasjien.

Safarituine Diensstasie – hulle produkte en dienste is 24 uur per dag beskikbaar. 
Kontaknommer:014 533 0336
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site