By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

San Lameer Landgoed

San Lameer Landgoed aan die KwaZulu-Natal Suidkus word verryk deur die Indiese Oseaan se skilderagtige blouvlagstrande en is op ‘n 100-hektaar bewarings-area met tropiese plantegroei geleë. 

Die Landgoed bestaan uit 620 selfsorg-villas in privaatbesit. Die villas omvat ‘n wye reeks groottes, van ateljeewoonstelle tot ruim 5-slaapkamer huise.

San Lameer bied ‘n 18-put gholfbaan, tennis- en muurbalbane en ander sportfasiliteite en die eksklusiewe San Lameer Oord Hotel. Fasiliteite sluit ‘n spa, kroeg en restaurant, biblioteek, klubhuis en winkel in. 

San Lameer is ‘n veilige, gesins- georiënteerde landgoed naby aan die natuur, en voorsien ‘n alles-in-een diens vir die vakansieganger. 

Die groot verskeidenheid eiendomme te huur of te koop bied ‘n magdom opsies vir beleggers.
Adres:San Lameer
Kontaknommer:039 313 0111
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site