By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

San Lameer Resort Hotel & Spa

San Lameer Resort Hotel & Spa is ‘n vier-ster boetiekhotel op die gesogte San Lameer Landgoed naby Southbroom aan die suidkus van KwaZulu Natal. 

Die hotel is op die oewer van die Umhlangamkulu Strandmeer geleë, vanwaar gaste direkte toegang tot die skilderagtige strande van die Suidkus het. 

Die hotel bied veertig luukse kamers en suites, sowel as smaaklike cuisine op die promenade-terras en by die Lagoon Bar & Grill. 

In hierdie rustige landelike omgewing kan gaste aan ‘n magdom aktiwiteite deelneem, en het onder meer beskikking tot ’n 18-put kampioenskap-gholfbaan. 

Die bekroonde Camelot Spa sluit ‘n gevorderde gym in, en voorsien ‘n volledige reeks skoonheidsbehandelings sowel as massering, joga, pilates en hidroterapie. 

SAN LAMEER RESORT HOTEL & SPA bied gaste ‘n onvergeetlike vakansie en staan ook bekend as ‘n gewilde oord vir bruilofte en konferensies.
Adres:Southbroom
Kontaknommer:039 313 0011
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site