By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Shady Pines Gastehuis

Shady Pines Gastehuis is op Harrismith geleë, gerieflik in die middel tussen Durban, Johannesburg en Bloemfontein.  Shady Pines Gastehuis is ‘n perfekte oorslaappunt tussen Johannesburg en Durban as jy op pad see toe is en dis ‘n tuiste weg van die huis vir enige sakelui wat in en om Harrismith moet werk. 

Shady Pines Gastehuis is ‘n karaktervolle sandsteenhuis uit 1880 met ‘n rustige, ontspanne atmosfeer. Daar is ses-en-twintig en-suite slaapkamers wat dubbel-, enkel- en gesinskamers sowel as self-sorg eenhede insluit. 

Shady Pines bied ook volledige fasiliteite met moderne geriewe wat tot twee honderd persone kan akkommodeer, en ideaal is vir bruilofte, konferensies en partytjies. Bruilofsfasiliteite sluit ook ‘n kapel en wittebrood-suite in.

Tuisgemaakte kos en vriendelike diens maak van die gastehuis ‘n voorkeur bestemming, en is tesame met die gasvrye atmosfeer, die rede waarom gaste weer en weer na Shady Pines Gastehuis terugkeer.
Kontaknommer:072 480 2677
Copyright © Ontbytsake 2019 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site