By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Shayamanzi

Shayamanzi beteken “Slaan die water” en is 2 huisbote op die Jozini dam, waar jy presies dit kan doen.

Shayamanzi 1 vaar sedert 2002 en Shayamanzi 2 sedert 2007. Hierdie pragtige vaartuie bied onderskeidelik 6 en 10 en-suite kajuite, ‘n sitkamer/eetkamer, 'n jacuzzi en dekke vir ontspanning in die Zululand son. Die huisbote kan onderskeidelik 'n totaal van 12 of 20 gaste in die kajuite akkommodeer.

Daar is DSTV, Kareoke, visvang en wildbesigtiging - alles in styl en luuksheid. 

Die Tiervis is 'n groot trekpleister en jy is omring deur Ezemvelo Wildlife en private wildplase. Jy kan wild besigtig terwyl jy ontspan op die dek of in die sitkamer ontspan met een van hulle bekende “cocktails”.

Kom beleef uitstekende gasvryheid, wêreldklas diens, ongerepte natuurskoon en die toppunt van ontspanning op die Shayamanzi Huisbote!
Adres:Jozini
Kontaknommer:034 413 2299
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site