By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Siesta Gastehuis

Siesta Gastehuis is op ’n plaas, op die R26 Reitz/Bethlehem pad, omtrent 10 kilometer buite Frankfort geleë.

Die egte plaasatmosfeer het ‘n baie rustige uitwerking op ‘n mens.  Mense wat wil wegbreek uit die stad, sal Siesta se rustigheid en kalmte baie aangenaam vind.  Dis slegs 150 kilometer van Johannesburg en 200 kilometer van Pretoria.

Die 6 aparte chalets sorg vir heerlike privaatheid en Siesta kan met gemak tot 20 mense hanteer. Die dekor is ’n teken van die gastehuis se 4-ster gradering en ontbyt en aandetes word ook verskaf. 

Siesta se onthaallokaal is ten volle toegerus en kan 300 gaste met gemak akkommodeer.  Hulle spesialiseer in enige funksie, groot of klein, korporatief sowel as persoonlike spesiale geleenthede, konferensies, troues, en meer.

Met vriendelike personeel sal hulle altyd probeer om in almal se spesiale behoeftes te voorsien en daai ekstra myl vir elke kliënt loop.
 
Siesta Gastehuis - Persoonlike aandag en Vrystaatste gasvryheid.
Kontaknommer:082 441 2743
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site