By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Sionbergh

Sionbergh Akkommodasie is geleë op ‘n plaas in die hartjie van die Suikerbosrand, net buite Heidelberg Gauteng – wat dit die ideale wegbreek van die stadsgewoel maak. 

Grasbedekte staanplekke is elkeen toegerus met krag en het ‘n pragtige uitsig van die dam. Daar is ook kamers en chalets vir die wat nie kans sien vir kamp nie. 

Die terrein spog met ‘n soutwater swembad, hindernisbaan, klimrame, visvang- en fietsrygeriewe en het ‘n plaaswinkeltjie met handgemaakte items. 

Sionbergh akkommodeer groep- en kerkkampe en het hierdie jaar ‘n klipkerkie gebou om met troues te begin. 

Breek weg! Vergeet van tegnologie, roetines en verpligtinge en herontdek die skoonheid van die natuur by Sionbergh in die Suikerbosrand. 
Kontaknommer:079 491 7919
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site