By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Stealth Caravans

Stealth Caravans bou plaaslike karavane wat robuust en sterk is. Die ideale karavane om ons land mee te verken.

Dis ‘n duursame konstruksie. Mure word gemaak van veselglasvelle met ‘Styrofoam’-kerns. Stealth Karavane het ook 'n dubbel-geïsoleerde saamgestelde veselglas-struktuur vir voor-, agter- en dakstrukture. Die struktuur word heeltemal gebind om 'n sterk “Monocoque” te vorm, met spesifieke aandag aan gewrigte en oorvleuelings vir waterdigting.

Stealth het ook hulle eie onderstel ontwikkel - 2 millimeter gegalvaniseerde dupleksstaal drie keer sterker en boonop ligter as gewone staal.

Stealth bou twee padkaravane en twee 4x4 karavane. Die padkaravane kan maklik tot en met 50 km grondpad ry sonder enige probleme, maar die 4x4’s het meer grond-vryhoogte, groter bande, kajuitdruk-stelsels en verskeie ander opgraderings wat lang afstande grondpad maklik baasraak.

Stealth Caravans – die beste karavane met die beste na-verkope diens in die industrie.
Kontaknommer:031 713 8900
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site