By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Stonehenge River Lodge

6 kilometer buite Parys op die Kopjeskraal pad lê die Stonehenge River Lodge – vernoem na hulle eie massiewe granietblokke – soortgelyk aan Stonehenge in Engeland.

Die grasdak is terloops die hoogste in Suid-Afrika – 21 meter hoog – of sewe verdiepings. Hulle rivierfront is geleë op die langste aaneenlopende “rapid” op die Vaalrivier.

Stonehenge River Lodge spog ook met hulle konferensiesentrum wat gereeld gebruik word vir spanboue, troues, plesiersoekgroepe en produk-vrystellings.

Die Stonehenge sukses is gebasseer op hulle perfekte ligging,  hulle klem op instandhouding sodat alles altyd skoon, netjies en reg is, hoë gehalte personeel 
en net die beste kliëntediens.

Stonehenge River Lodge is absoluut ‘n besoek werd – Hulle sal altyd kliënte se verwagtings oorskry.
Adres:Parys
Kontaknommer:0861 444 247
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site