By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Supertubes Gastehuis

Supertubes Gastehuis is vernoem na die wêreldbekende branderplank-strand en die branders wat reg voor die gastehuis breek.

By Supertubes het jy ‘n see-uitsig en direkte toegang na die strand toe. Hulle spog met altesaam 20 gastekamers wat gemaklik ingerig is. Ontbyt is ingesluit en hulle bedien aandete op aanvraag. Braaifasiliteite is ook beskikbaar.

Die luukse kamers het elkeen sy eie balkon en mooi see-uitsig. Standaardkamers het’n balkon en gedeeltelike see-uitsig en die luukse selfsorgeenhede is ten volle toegerus en word daagliks gediens.

Supertubes se personeel is altyd byderhand met vriendelike diens. Dis ideaal vir families en paartjies.

Supertubes Gastehuis – as jy wil see-vakansie hou of branderplankry wil kyk, is dit net die plek vir jou. 
Adres:Pepperstraat 12, Jeffreysbaai
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site