By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Kimberley Club

The Kimberley Club is in 1881 deur Cecil John Rhodes gestig. Dis skatryk aan geskiedenis en atmosfeer en enig in sy soort. Vandag is dit omskep in ‘n luukse 4-ster boetiekhotel.

Akkomodasie is uit die boonste rakke en jou verblyf hier is gekoppel aan produkte en dienste wat wêreldklas is. 

Kimberley Club bied ook konferensie-fasiliteite aan en is ideaal vir funksies soos troues. Die a-la-carte Rhodes restaurant bedien smullekker etes en voorsien ook maaltye vir funksies, vergaderings en privaat etes.

Die ou klub atmosfeer word verder bevestig met jou Kimberley Club lidmaatskap, wat heelwat afslagvoordele insluit.

Dan is daar nog die kroeg met net so ‘n unieke atmosfeer en die buitelug Café Vitello op die voorstoep – die geskiedenis is herskryf met die opknapping van dié klub en hulle staan reg om jou te bederf met topklas diens.

The Kimberley Club – Word 'n lid saam met geskiedkundige figure wat die toekoms van Suid-Afrika gevorm het ... en kom leef jou drome uit.
Kontaknommer:053 832 4224
Copyright © Ontbytsake 2020 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site