By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Lodge Gastehuis

The Lodge Gastehuis is sentraal geleë in Bethal en minder as 2 ure se ry vanaf O.R. Tambo lughawe. 

The Lodge is stylvol ingerig vir sakelui met geriewe soos gratis WiFi, faks-, skandering- en fotokopieer-geriewe by ontvangs, ’n veeldoelige lessenaar/spieëltafel en foon in elke kamer. 

The Lodge bied luukse ateljeekamers, kamers vir jong gesinne, asook gesinseenhede. Al die kamers beskik oor ’n goed toegeruste yskas, lugversorging, platskerm-TV met 14 DStv-kanale, haardroërs, en koffie- en teemaakgeriewe.

’n Smaaklike Kontinentale en ’n stewige Engelse ontbyt word na smaak voorgesit, terwyl die gerieflike gelisensieërde ala carte restaurant heerlike etes bedien. Spesiale dieetreelings kan voor die tyd getref word.

Daar is ’n eendag-wasgoeddiens, veilige parkering met toegangsbeheer en onderdakparkering is ook beskikbaar.

Met ’n toegewyde span wat uitmuntende persoonlike diens lewer, is The Lodge ’n ware verblyf-oase in Mpumalanga.
Kontaknommer:017 647 2173
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site