By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

The Oasis Hotel

The Oasis Hotel bied moderne, stylvolle akkommodasie met 'n Afrika-tema in hulle lugversorgde kamers met gratis Wi-Fi. Die Hotel is sentraal geleë in die hartjie van Upington en naby al die winkels en winkelsentrums.

Die Oasis Hotel is ontwerp om 'n gerieflike, gemaklike en moderne tuiste vir beide korporatiewe gaste en reisigers te skep. Die warm, aardse en natuurlike kleurskemas skep 'n verfrissende gevoel en goed opgeleide personeel verseker altyd vinnige en vriendelike diens.

'n Gevarieerde keuse van kamertipes maak dit die ideale keuse vir almal. Dit sluit in standaardkamers, suites, superieure kamers en korporatiewe suites.

Die Oasis Hotel se kamers het almal lessenaars en tee- en koffiefasiliteite en die suites het aparte sitkamers.

Die Tsama Restaurant bied soggens tussen 7 uur en 10 uur ’n smullekker vol ontbyt en in-kamer maaltye is ook beskikbaar.
Kontaknommer:054 337 8500
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site