By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Thirteen on Dolphin

In Ballito, digby die hoofstrand is die “Thirteen on Dolphin” Boetiek Bed & Ontbyt, wat sedert Desember laasjaar as ‘n heerlike gastehuis by die see diens doen.

Dis jou tuiste weg van jou huis met diens bo verwagting en gemaklike verblyf. Alle kamers is toegerus met 'n platskerm-TV met satelliet kanale en ‘n “Blu-ray”-speler. Sommige eenhede beskik ook oor 'n sitruimte om in te ontspan na 'n besige dag.

“Thirteen on Dolphin” is aangewys as die beste waarde vir geld in Ballito en die ligging - digby die see, 41 klometer van Durban, 25 kilometer van Umhlanga en 14 kilometer van die King Shaka lughawe af – maak dit ideaal vir besigheid of vakansie.

Kom ontspan in die nuwe, goed versorgde kamers en geniet die diens en kos teen die laagste prys. Wi-Fi is ook gratis. Hulle gaste se terugvoering laat hulle besef hulle is op die regte spoor.

“Thirteen on Dolphin” – Hulle praat jou taal!
Adres:Ballito
Kontaknommer:079 496 7172
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site