By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Travel Hub Africa

Travel Hub Africa streef daarna om die verskaffers van akkommodasie, dienste, aktiwiteite en produkte, met die reisiger in kontak te bring om sodoende toerisme in Suid-Afrika te bevorder. 

Die Internetportaal is gebaseer op ‘n databasis in die wolk wat dit moontlik maak vir miljoene mense om terselfdertyd te kommunikeer. 

Die t-hub mobiele App is geïntegreer met die portaal en laat reisigers toe om verskaffers op te soek, te bespreek en aanlyn te betaal. Verskaffers kan selfs ook hulle fasiliteitsinligting soos beskikbaarheid, foto’s en inligting opdateer wat deur ‘n t-hub ambassadeur geverifieer word. 

Hulle t-hub beursie laat die verskaffer toe om sy besprekingsgeld ommiddelik te ontvang en die reisiger kan die fasiliteit selfs gebruik om lugtyd, elektrisiteit, of geld met enige van hul geassosieerde korporatiewe maatskappye te bestee teen geen bankkostes nie. 

Die portaal laat selfs vir bestaande reisagente of besprekingsfasiliteite toe om daardeur besprekings te behartig. 

Travel Hub Africa is ‘n fasiliteerder wat alle Toerisme vereistes gerieflik in een portaal voorsien. 

Hulle nooi graag alle verskaffers van akkommodasie, dienste, aktiwiteite en produkte uit om hul seminare regoor die land by te woon vir meer inligting oor die portaal wat toerisme in Suid-Africa gaan bevorder. 

Vir meer inligting besoek gerus hul webwerf travelhubafrica.co.za.
Kontaknommer:010 442 1768
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site