By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Turnberry Boetiek Hotel

Die Turnberry Boetiek Hotel is sentraal in Oudshoorn geleë en tevrede toeriste wat hier gebly het, het die Turnberry nou al wêreldbekend gemaak. Tertius Bothma – die een eienaar, is ‘n groot Gholf entoesias, en het die Boetiek Hotel na sy gunsteling Gholfbaan in Skotland vernoem.

Turnberry spog met 22 goed ingerigte kamers en ’n konferensiesentrum met alles wat jy mag nodig kry. Jy kan ontspan in die lekker intieme Taverne en hier is ook ’n heerlike swembad vir daai warm Karoo somersdae.

Die Turnberry personeelspan word eenvoudig as fantasties beskryf en hulle vriendelikheid sal jou sommer tuis laat voel. 

Turnberry Boetiek Hotel – puik diens met al die geriewe wat gepaard gaan met ‘n 4-ster hotel.
Adres:St. Johnstraat 130, Oudtshoorn
Kontaknommer:044 279 3268
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site