By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Ugu South Coast Tourism

Ugu South Coast Tourism bevorder en fasiliteer toerisme in KwaZulu-Natal se skilderagtige suidelike Ugu Distrik. Van Umkomaas af tot by die Wild Coast Sun, bied die kus en die binneland aan besoekers die ervaringe van ‘n leeftyd.  

Die area omvat sewe van Suid-Afrika se blouvlagstrande, wild- en natuur-reservate, ongetemde landskappe, gholfbane, ruim gehalte akkommodasie en konferensiegeriewe, smaaklike cuisine en sjarmante dorpe soos ‘n string pêrels aan die kus van die subtropiese Indiese Oseaan.

‘n Magdom aktiwiteite soos swem, hengel, boot- en branderplankry, staptoere en motorwedrenne word hier geniet, terwyl die gebied ook ryk aan kunsgallerye, museums en inkopie-sentrums is. 
Adres:Ugu
Copyright © Ontbytsake 2017 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site