By continuing, you are agreeing to our Terms and conditions as well as our Use of Cookies.

Villa Siesta Gastehuis

Die 4-ster Villa Siesta Gastehuis in Welkom spreek die stad se naam – welkom! Hulle leuse is – “Ons huis is jou huis, weg van die huis.”

Dis ‘n ware Villa wat oorspronklik 3 huise was. Villa Siesta spog vandag met altesaam 25 ruim, luukse kamers – elkeen met sy eie en-suite badkamer en privaat ingang. 

Verder is daar 24-uur kameras op alle persele met onderdak-parkering en afstandbeheerde toegang vir jou gemoedsrus.

Villa Siesta bied ook aandetes, kospakkies en wasgoeddiens op aanvraag. Ander ekstras is  ’n swembad, Lugversorging, Mikrogolfoonde, Elektriese komberse, Haardroërs, Koffiestasies, Lessenaars, ‘n Restaurant en kroeg in die Lapa en Wi-Fi.

Villa Siesta – welkom in Welkom!

Adres:Welkom, Vrystaat
Kontaknommer:082 555 4380
Copyright © Ontbytsake 2018 - All rights reserved.  |  Privacy Policy  |  Terms & Conditions
 site